Administratiewe en Finansiële Beampte

Recruitment

Finansiële Industrie

’n Gevestigde wyn- en vrugteboerdery beskik oor ’n voltydse pos vir ’n Administrasie- en Finansiële Beampte om deel te word van hul dinamiese span.

Indien jy ’n passie het vir landbou en uitblink in finansiële bestuur, is hierdie geleentheid perfek vir jou!

Verantwoordelikhede:

  • Algemene personeel administrasie en Lone,
  • Debiteure, Krediteure, en Rekonsiliasies,
  • Berekening en voorbereiding van BTW, LBS, SDL, WVF, COIDA, en verwante verslae,
  • Diesel opgawes en rabatte
  • Maandelikse Koste en Kontantvloei berekening,
  • Data verwerking en byhou van data-basisse,
  • Skakeling /Korrespondensie met verskaffers, konsultante,

Vereistes

  • Minstens 5 jaar ondervinding in soort gelyke pos, verkieslik in landbou sektor
  • Uitstekende rekenaarvaardighede met deeglike kennis van Donkerhoek Data, U-Filing, MS Office, Excel, Word, Pastel, Zero, Afriklok, Payroll Africa, Farm Management
  • Kennis van etiese kode oudits (WIETA, SIZA, en GlobalGap)
  • Ondervinding in aanlyn WVF en COIDA registrasies,
  • Afrikaans en Engels magtig wees en oor goeie interpersoonlike vaardighede beskik,
  • in besit wees van geldige rybewys en oor eie vervoer beskik,

Stuur u CV, met minstens twee kontakbare verwysings en u verwagte bruto salaris, na recruitment@andrebloem.co.za.

Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons hoor nie, was u aansoek onsuksesvol.

Sluitingsdatum 8 Julie 2025.