Senior Werktuigkundige

Recruitment

Werktuigkundige Industrie

‘n Suksevolle wyn- en vrugteboerdery benodig ‘n Senior Werktuigkundige om deel te word van hul span. As jy landbou liefhet en oor goeie meganiese en bestuursvaardighede beskik, is dié geleentheid vir jou.

PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE:

  • Skedulering en uitvoering van voorkomende instandhouding van voertuie en landboumasjinerie;
  • Diagnostisering en herstel van meganiese en elektriese probleme;
  • Bestuur van onderdelevoorraad en plasing van bestellings;
  • Verseker nakoming van veiligheidstandaarde in die werkswinkel;
  • Rekordhouding van alle instandhoudingswerk en herstelwerk.

VEREISTE KWALIFIKASIES EN ONDERVINDING:

  • Matrieksertifikaat;
  • Tegniese kwalifikasie in Meganika of ’n verwante veld (bv. Dieselwerktuigkunde) sal ’n sterk aanbeveling wees;
  • Minimum van 5 jaar relevante ondervinding in ’n soortgelyke rol;
  • Goeie kennis van en praktiese ervaring met die instandhouding van trekkers, voertuie, parsmasjienerie, emplemente, besproeiingstoerusting en ander meganiese stelsels;
  • Ervaring in die bestuur van ’n span;
  • Rekenaarvaardigheid (Word, Excel, e-pos, ens.) en goeie administratiewe vermoëns;
  • Geldige swaarvoertuig bestuurslisensie.
  • Moet oor eie vervoer, en verblyf in die omgewing van Robertson / McGregor beskik

AANSTELLINGSDATUM EN VERGOEDING:

  • Markverwante salaris onderhandelbaar volgens kwalifikasies en ondervinding.
  • Pos beskikbaar vanaf: so spoedig moontlik.

Stuur jou CV, kopie van rybewys en PDP, minstens 2 verwysings en jou verwagte bruto salaris na recruitment@andrebloem.co.za. As u binne twee weke ná die sluitingsdatum niks hoor nie, was u aansoek onsuksesvol.

Sluitingsdatum 8 Julie 2025.